Bergrivier Besproeiing is located in Paarl, South Africa on 27 Boland St, Charleston Hill,. Bergrivier Besproeiing is rated 4.4 out of 5 in the category farm equipment supplier in South Africa. Bergrivier Besproeiing | Tuisblad Tuis Dienste Produkte Personeel Projekte 4 x 4 Dag Kontak Ons Tuis Dienste Produkte Personeel Projekte 4 x 4 Dag Kontak Ons Algemene Oorsig
In ‘n land van waterskaarste is dit baie belangrik om die regte vennoot te kies vir die ontwikkeling van besproeiingskemas, aangesien die regte gebruik van water vir voedselproduksie van kardinale belang is.
Bergrivier Besproeiing in die Paarl kan met reg beskou word as ’n uitstekende vennoot om die ekonomiese verbruik van enige waterbron doeltreffend en tot sy volle kapasiteit te ontwerp, die dienste daarvoor te verskaf, dit te ontwikkel en dit te onderhou.
Die maatskappy, wat al sedert 1989 in die Paarl gesetel is, beskik oor die regte kennis, infrastruktuur en mense met die passie om enige waterontwikkeling in die landbou- en kommersiële sektor suksevol te bestuur.
Onder die ses tegniese personeellede, wat skemas en ontwikkelings ontwerp en bestuur, is drie siviele ingenieurs, Stephan Naudé (29 jaar), Johan Everson (18 jaar), Johann van Staden(2 jaar), ’n meganiese ingenieur, Gerrie van Zyl (17 jaar), ’n landbou-ingenieur, NJ Hand (5 jaar) en ‘n besproeiings tegnikus Henco Nienaber (5 jaar). Saam beskik hulle oor 75 jaar se ervaring op uiteenlopende gebiede rakende besproeiing en is daar haas geen waterontwikkeling wat die maatskappy nie kan aangepak nie.
Bergrivier Besproeiing het reeds baie vermag in sy veld en beskik oor ‘n prestasie-geskiedenis wat getuig van professionele diens en tevredenheid by sy kliënte.
Hierdie hoogs gekwalifiseerde en doeltreffende tegniese span maak gebruik van ’n goed gevestigde infrastruktuur en ‘n georganiseerde en gemotiveerde personeel van 25 mense.
Hulle verseker dat die beste gehalte-materiaal op die regte tyd vir die skemas verskaf word. Die voorraad wat op die perseel gehou word, behels die hele spektrum van besproeiing.
Die span sien ook toe dat daar altyd genoeg voorraad beskikbaar is vir die uiters belangrike nasorgdiens, wat dag en nag vir die kliënte beskikbaar is. Boonop beskik Bergrivier Besproeiing oor ‘n aflweringsdiens en word materiaal tot op die plaas gelewer. Dienste Besproeiingskonsultasies
GPS -opmetings van plase
Ontwerp van Besproeiingsstelsels
Teken van planne
Analiseer en optimiseer besproeiingsstelsels
Skedulering van besproeiing (rekenaarstelsels en elektroniese toerustings)
Tuinbesproeiing ontwerpe
Sportvelde en Parke ontwerpe
Damontwerpe
Dreineerstelsel
Produkte PVC Pipes and Fittings Drainage pipes and fittings Low Density Poly Pipes and fittings (Full-Flow or Insert Fittings) High Density Poly Pipes and compression fittings HDPE polypype en Plasson toebehore Hose, Dragline and Accessories Cascade Fittings Galvanised Pipes and fittings Drip Pipe and Accessories Micro Sprinklers and Accessories Agricultural and Turf sprinklers Controllers AC and DC and Radio Control Valves Pumps Electric Motors and Accessories Sand, Disc or Screen Filters for Manual or Automatic Operation Centre Pivots Quick Coupling Pipes Personeel Tegniese Adviseurs Admin Produksie Werskwinkel Projekte Sanlucar Projekte Merwida Projekte Dutoit – Excelsior Projekte 1 2 page 1 of 2 Kontak Ons
27 Boland Street, Paarl Western Cape 7646
Phone: 021 872 6619
Copyright All Rights Reserved © 2017
Address
27 Boland St, Charleston Hill,